Search

Kwaliteit vleis en 'n gesonde Wagyu bedryf vir Namibia

Die slag van die twee volbloed osse is ‘n begin van ‘n nuwe era vir Wagyu telers in Namibia. Tans is daar 12 lede wat by die Namibiese Wagyu Genootskap geregistreer en alhoewel dit nog in sy ontwikkeling stadium is, is daar groot verwagting dat dit binnekort sal uitbrei soos die produk in die mark bekend raak en boere begin om die finansiele voordeel te sien en belangstelling begin ontwikkel.

Volbloed Japanese Swart Wagyu verse by King Wagyu

Die Namibiese Wagyu Genootskap is ook in groei fase waar nuwe sisteme in plek gesit word om Wagyu in Namibië te beskerm en kry ook goeie ondersteuning van die Suid Afrikaanse Wagyu Genootskap. Onlangs het die Genootskap ook begin deel vorm van die Internasionale Wagyu Raad waar standaarde vir die gesogte vleis produk en die teel van die Japanese ras gevorm word. Dit plaas Namibiese Wagyu telers in ‘n goeie posisie wat kommunikasie en toegang tot internasionale inligting en samewerking in die bedryf betref.

Om jou produk as Wagyu te kan bemark moet telers eerstens geregistreer wees by die genootskap, tweedens moet elke dier met Wagyu inhoud ge-DNA verifieer word en ook geregistreer word. Dit sluit in alle stoet diere, asook F1-Wagyu-kruisings. Selfs F1-kruis diere of kommersiele diere word bestuur as stoet diere aangesien die inhoud van die dier bevestig moet wees voor dit as Wagyu bemark kan word. Dit word vereis dat die vleis ten minste 50% Wagyu inhoud moet bevat.

Deja Nienaber met smul lekker MS9 biltong

King Wagyu glo dat die sukses van ons stoet teling bewys word in die kwaliteit vleis wat op die mark aangebied word. Dit gaan oor die produksie van goeie kwaliteit vleis, dit wil se marmering. Wagyu as ‘n ras is kenmerkend vir die genetiese potensiaal wat hoër marmering het en dit differensieer Wagyu van al die ander bees rasse. Ons glo dus om top genetika te teel wat in top prestasie syfers toon vir karkas kwaliteit.


Wagyu bulle bied ook vir ander kommersiele boere die geleentheid om ‘n Wagyu bul in hul kudde te inkorporeer en die kwaliteit van tradisionele vleis produksie te verbeter tot van ‘n niche produksiestelsel. Boere kan dus hul aangepaste vroulike diere gebruik en opteel tot suiwer Wagyu, of “purebred” diere. Resultate het getoon dat Wagyu kruisings ook ‘n baie goeie marmer inhoud verskaf.


Om met Wagyu te boer is ‘n absolute plesier en het vir ons ‘n passie geword. Hul is rustig en nuuskierig en omdat hulle so lank gevoer word om marmering te optimaliseer, raak mens soms makliker geheg aan die diere. Hul bouvorm is anders as tradisionele vleisrasse. Hulle het ‘n groter voorkwart. Dit is ook waar die lekkerder, sappigste vleissnitte uitgehaal word, onder meer ons gunstelling Denver, Flat Iron en Bonanza. Die vleis is ook baie ryk en dus raak mens versadig van ‘n aansienlike kleiner porsie. Die addisionele voordeel is die gesondheids elemente waarvoor Wagyu bekend is – dit is hoog in mono onversafigde vetsure (MUFA), en aner elemente wat talle gesondeheidsvoordele inhou.


Die visie van Desert Wagyu is om ‘n gesonde mark vir Wagyu in Namibia asook internasionaal te ontwikkel en sodoende vir produsente die geleentheid te bied om ‘n gesonde prys vir hul kwaliteit Wagyu karkasse te verdien. Sodra Namibia voldoende produseer bestaan daar die geleentheid vir uitvoer na veral Europa onder die huidige Cotonou handelsooreenkoms, wat ‘n verdere premie bied. Die vooruitsigte is dus baie belowend en sal ‘n groot rol speel in die vleisbedryf in Namibia.


Artikel geskryf 1 Julie 2021 deur Deja Nienaber, stigterslid van Desert Wagyu, King Wagyu Stud breeders, en Vise-president van die Namibiese Wagyu Genootskap

Wagyu, people, cattle, grass, veld, Namibia
Deja Nienaber by Wagyu verse lekbak

40 views0 comments

Recent Posts

See All

A new year, new Prospects for Namibian Wagyu Breeders 2021 marks the year when Namibian Wagyu breeders begin to finish oxen slaughter and supplying Wagyu beef products on the shelves in Namibia. Deser